Paul Roos Gimnasium dinee – ‘n Samekoms van die leiers van die toekoms – deur Anri Malherbe

Woensdag, 4 Maart was beslis ‘n hoogtepunt op my matriekkalender. Met groot opwinding het die seniorraad van HSS gereed gemaak vir hierdie spoggeleentheid. Dit was ‘n geskarrel direk na skool om betyds gereed te wees.

16:30 het ons almal by die Herehuis bymekaar gekom en tannie Helene de Clercq het die spogfoto’s van ons geneem.

‘n Samekoms van die leiers van die toekoms. Om ou bekende gesiggies te sien en nuwes te ontmoet. Die dinee bring die seniorraad van 41 skole bymekaar.

Die musiek was vir elkeen se smaak. Die DJ het gesorg dat daar ‘n liedjie vir elkeen was van Gqom tot Afrikaans, vir sokkie.

Kos, dis altyd die eerste vraag wat iemand vra, “Hoe was die kos?” Die kos by die dinee was watertandlekker. Die grooste vermaak van die aand was beslis die droeë ys wat saam met die poeding bedien is.

Dit was ‘n voorreg om hierdie geleentehid by te woon en ons skool te verteenwoordig.  Hierdie aand was nie slegs dans en eet nie, maar ook ‘n geleentheid om ander skole se leiers te ontmoet, idees te deel en meer te leer van verskillende tradisies en gedagtes onder die jeugleiers van vandag.  Ek hoop dat die volgende seniorraad soveel pret, maar ook waardering vir hierdie samekoms het in 2021.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar