Telepatie is net een van haar talente – ontmoet vir Juf Burger! – deur Ethan de Kock

Daar is iets ongelooflik spesiaal wanneer ‘n oudleerder terugkeer na sy of haar skool om voort te bou op die tradisies en waardes wat reeds jare vantevore deur dieselfde skool gekweek is in die hart en gedagtes van hierdie persoon in ‘n nuwe rol as opvoeder.

Juf Burger is betrokke by Toerisme en gaan met haar wye kennis en opleiding ‘n integrale rol speel by die SGOS kantoor.  Lees ‘n bietjie verder om meer van hierdie nuwe juffrou te leer.

1. Waar is juffrou oorspronklik vandaan?

Ek is oorspronklik van Malmesbury.  Ek het ook hier, by HSS skoolgegaan.

2. Watter ander loopbaan, eerder as opvoeder, sou juffrou verkies om na te streef?

Ek sou graag voltyds met wilde katte wou werk, en ook perde afrig.

3. Watter prestasies het juffrou al behaal?

Ek het SA Kampioenskappe gewen in twee perdry dissiplines.

4. Wat is juffrou se versteekte talent?

Ek kan telepaties met diere kommunikeer.

5. Wat is juffrou se lewensmotto?

Doen dit goed, of doen dit glad nie.

6. Hoe voel juffrou oor skool?

Skool leer jou vaardighede wat jy nodig het vir die toekoms. Ja, ek weet dit voel nie altyd so nie, veral wanneer dit by wiskunde kom nie, maar dit is werklik waar.

7. Wat is juffrou se tipiese Saterdagaand kuier?

Ek is maar vervelig as dit by Saterdae kom. Ek is besig met my doktersgraad in neurowetenskap, so meeste van my naweke gaan in tesis skryf in.

8. Wat is juffrou se opinie oor dissipline?

Ek glo daar is wedersydse repek tussen leerders en onderwysers en dat dissipline nie ‘n probleem sal wees wanneer wedersydse respek bevestig is tussen beide partye nie.

9. Wat is juffrou se opinie oor Hoërskool Swartland?

HSS is ‘n top skool met goeie dissipline en AWESOME kinders! Dit is lekker om terug te wees.

Ons is dankbaar dat juf Burger besluit het om terug te kom na haar skool, ons skool, en om so ‘n groot deel van haar kennis met ons te deel!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar