Tydskrifte en sosiale media knak jong meisies – deur Juanine van der Berg

“I’m not going to sacrifice my mental health to have the perfect body”-Demi Lovato

‘n Verslag deur die Britse Mediese Vereniging het bewys dat advertensies en foto’s in tydskrifte en sosiale platforms soos Instagram, van riempie-dun modelle soos Kate Moss en Jodie Kidd ‘n prentjie van die perfekte liggaam in die tiener meisie se kop agter laat.

Al hierdie druk op jong meisies om soos ‘Barbie poppe’ te lyk lei tot erge eetversteurings en slegte eetgewoontes wat gestop moet word. Slegte eetgewoontes lei na anorexia wat soveel gelukkige families uit mekaar skeur.  Glo my dat die ergste nie is dat families kwade gevoelens teenoor mekaar hou op die ou einde nie, MAAR dat hierdie gevoel van ‘moet inpas’ al tot baie sterftes van beeldskone meisies gelei het. Ek gaan nie die manlike geslag uitsluit nie.  ‘n Studie het ook bewys dat seuns en jong mans wat druk oor hulle gewig ervaar,  meer geneigd was om te lei aan depressie en om alkohol in oormaat te misbruik.

Ek het net een vraag vir jou… gaan jy die foto plaas op sosiale media waar jy, volgens jou,  ‘sleg’ lyk? Waar al jou rolletjies wys? Dit is beslis ‘n groot NEE vir meeste van die samelewing.  Dan waarom sal die sogenaamde ‘social media influencers’ dit doen?  Besef net dat sosiale media nie die regte lewe verteenwoordig nie en ook nie haalbaar is nie. In plaas daarvan om vandag vir ure aaneen te kyk na foto’s van hoe jy graag wil lyk, vat eerder daardie tyd om te besef dat as jy kan loop, hardloop, kan tel op al 10 jou vingers en die see sand tussen jou tone kan voel, JY N PERFEKTE LIGGAAM HET!

En as daai nie gehelp het nie hoop ek hierdie paar stappe sal help om jou selfvertroue ‘n hupstoot te gee:

– Aanvaar jouself nes jy is

– Stel doelwitte om jouself gesond en gelukkig te hou

-Help iemand anders sodra jy te veel dink oor jouself

-Omring jouself met mense wat jou laat goed voel oor jouself

-Kyk na jouself in die goeie en slegte tye

– Stop negatiewe gedagtes oor jouself, sommer dadelik!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar