TIEN STAPPE OM JOU SOMERLYFIE DEUR DIE WINTER TE BEHOU – Margot Frank

Tien stappe om jou somerlyfie deur die winter te behou.

Aangesien ons nou die winterseisoen binnegaan, is dit ‘n goeie idee om uit te vind hoe om jou somerlyfie, waaraan jy so hard gewerk het, in sy nate te hou

Hier volg ’n paar eenvoudige wenke:

  1. Neem deel aan wintersport – “beweeg jou deeg!”
  2. Neem saam met vriende deel aan fiksheidsuitdagings. So kan julle mekaar aanspreeklik hou en motiveer.
  3. Geniet klein bederfies eerder as grotes – ‘n Smartie eerder as ‘n Slab.
  4. Kies gesonde alternatiewe vir jou gunsteling winter-peuselhappie, byvoorbeeld ’n “Skinny Latte” eerder as Bar One Warm Sjokolade met klein malvalekkers.
  5. Kry soveel sonlig as moontlik – “Sunshine D 4 Energeee!”
  6. Voed jou liggaam, moet dit nie net voer nie. Eet genoeg, maar kies jou maaltye wys. Eet baie vrugte en groente, sowel as voldoende proteïene (suiwel, neute, vis en vleis). Beperk jou inname van suiker en stysel.
  7. Haal diep asem en bestuur jou stres. Fokus op die positiewe dinge in jou lewe, eerder as die negatiewe.
  8. Drink genoeg water – jou liggaam bestaan uit 60% water, so maak seker dit is gehidreer.
  9. Moenie te vinnig gewig verloor nie, anders word dit ‘n YO-YO dieet: op en af. Gee jou liggaam genoeg tyd en verseker so dat dit was weg is, wegbly.
  10. Laaste, maar nie die minste nie – moet NOOIT ’n maaltyd mis nie. Dit vertraag jou metabolisme en ontneem jou liggaam van broodnodige energie.

As jy hierdie 10 stappe volg, sal jy nie net jou somerfiguur behou nie, maar ook hope energie vir al jou winteravonture hê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar