Prontuit Gesondheid !! – deur Liza Eksteen

‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees! Vir die beste kombinasie van vlees en gees volg die Korrels en Kaf se Prontuit Gesondheid-wenke!!

Van binne mooi gesond…

  1. Onderskei tussen hongerte en peuselrigheid. Die fisiese pyn wat jou ingewande laat kramp, is honger en dan moet jy eet. Vermy ander tye.
  2. Moenie elke week “bacon rolls” en “stylos” eet nie – wissel dit af, of besluit op een snoepding per week. Nog beter, eet liewer ‘n appel.
  3. COKE IS ONGESOND!! Drink eerder water of sap.
  4. Moenie kos inpak EN die snoepie bestorm nie – besluit op een.
  5. Eet liewer donker sjokolade as gewone sjokolade.
  6. ‘Superkosse’ om te eet:
    1. -slaai
    2. -olyfolie
    3. -kruie
    4. -knoffel
    5. -groentee
    6. -sade
    7. -appels
    8. -neute
    9. -hawermout
  7. Eet eerder gesonde vette as nagemaakte vette.
  8. Die “Stadig maar seker” opsie, wen dikwels die beker. Pas dit toe wanneer jy eet.
  9. Te veel koffie gee jou maag vlooie! (soos die oumense altyd gesê het). Wees eerder trots Suid-Afrikaans en drink gereeld ‘n koppie Rooibos tee.

 

…Sorg ook vir genoeg oefening.

 

  1. Vergeet van self oefen. Jy het dan niks wat jou dryf om te oefen nie en ‘n hoërskoolleerder het die luiheidsindroom. Sluit aan by die gimnasium, want dan dryf die klein fortuin wat jy moet betaal jou, of dalk ander “talent” met dieselfde voorneme. Benut ook die skool se atletiekspan, of vir die groot waaghalse – Juf Marais / Evan se oefeninge.
  2. Stort nadat jy geoefen het en voorkom so baie puisies.
  3. Kyk na jou liggaamsbou bv. lengte van bene en kies so vir jou geskikte sporte en/of spesifieke items. Sukses is dan reeds 50% behaal.
  4. ‘n Mooi postuur verg inspanning en sal op die lange duur baie kalorieë Wees altyd bedag daarop. Ouens, julle ook. Magies en boude in, skouertjies terug en ken regop.
  5. Vir ‘n plooivrye gesiggie smeer daagliks room. Ouens; room is nie ‘n euwel nie!
  6. Dra altyd skoene sodat jy nie die 21ste eeu se Grootpoot word nie. Jou voete sal dan ook mooi sag en gevormd wees.

 

 

OEFENINGE VIR DIE BEGINNER

Draf so 2km

Strek – 3×15 sekondes vir elke liggaamsdeel

Maagopsitte – 2 stelle van 12

Klim op en af – 2minute (op ‘n trappie)

Beenoefeninge (lunges) – 2 stelle van 10

Herhaal hele program soveel jy wil (soveel jy dink is nodig).

 

Prontuit Gesondheid-groete en onthou: wikkel daai boude en ons waarborg ‘n beter jy!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar