Atletiek 2018 – deur Shantal de Kock

Champions don’t show up to get everything they want, they show up to give everything they have.”

2018 se atletiek het soos gewoonlik nie teleur gestel nie. Die Wit span het weereens die atletiek beker verower en Goud span het gesorg vir die gees. Reeds by die interkleure atletiek het ons atlete presteer en hart en siel in elke poging ingesit en beslis die vrugte van hul harde werk gepluk. Ons Victor en Victrix Ludorum is aangewys en met geen verbasing is die senior beker aan onderskeidelik Louis de Jager en Liezel van der Merwe toegeken.  Die juniors wie uitgeblink het was Nathan Els en Kristen van der Ross.

Hierdie jaar het die rekords gespat en Swartland het uitstekend gevaar by die Wes-Boland byeenkoms. Talle atlete het deurgedring na die volgende rondte waar 19 van ons atlete Boland kleure verwerf het.

‘n Spesiale geluk aan die volgende leerders wat die Wes-Kaap gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe:

Christiaan Bester , Tiaano Walters , Selma du Preez , Lize-Mari Steyn , Wouter van der Merwe , Cara Bester , Ansunè Smit.

Sterkte aan al die atlete , ons hou styf duimvas. Ons weet julle sal ons trots maak.

Work hard. Play hard. Pray hard.

Success is not final failure is not fatal. It is the courage to continue that counts.”

Top presteerders op die atletiekbaan vir 2018!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar