ATKV Redenaars – deur Thea Nel

12 Maart het vier dogters (Anje Botha, Miencke Steyn, Leandri Agenbag en Thea Nel) by Hoërskool Belville aan die jaarlikse ATKV Redenaars deelgeneem.

Miencke en Leandri het onvoorbereid redeneer terwyl Anje en Thea voorbereid gepraat het.

Die onvoorbereide sprekers word na ‘n waglokaal geneem totdat hulle ingeroep word en ‘n uur en half gegun om ‘n toespraak voor te berei volgens ‘n onderwerp wat op die oomblik verskaf word. Hierdie jaar moes hulle vir of teen die onderwerp: “Die regering is die oorsaak vir ons waterkrisis” redeneer. Bronne word verskaf wat inligting vir albei redenasies voorsien. Beide ons onvoorbereide sprekers was vir die onderwerp.

Anje en Thea het vooraf drie temas: Kluis, Baan en Agenda ontvang om ‘n onderwerp vir hulle toespraak te ontwikkel. Anje het die tema Agenda omskep in haar onderwerp “Almal het hulle eie agenda” terwyl Thea Baan gekies het en geredeneer het dat “Dissipline is die baan tot toekomssukses”.

Al vier sprekers het positiewe kommentaar ontvang. Die skool moet nog terugvoering van die ATKV ontvang om te hoor wie deurdring na die volgende rondte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar