Liefdesweek blom behoorlik in die Swartland! – deur Celize Versfeld

Valentynsdag – die een dag ‘n jaar waar jy die geleentheid kry om jou liefde te verklaar aan ‘n spesiale persoon en waar niemand jou mag oordeel aan die aantal bokse sjokolades wat jy geëet het nie!

Die lojaliteitskommitee het liefdesweek vir ons aangebied en daar was elke dag van die week verskillende verrigtinge wat plaasgevind het.

Die week het begin met drukkiedag – die dag wat jy toegelaat word om jou geliefdes, onderwysers en hartsvriende te omhels met al jou liefde in die vorm van ‘n drukkie.

Dinsdag het ons liefde vir onderwysers gehad. ‘n Baie groot dankie aan die Lojaliteitskommitee wat peuselhappies verskaf het aan die personeel om vir hulle te wys dat ons hulle (so tussen deur al die huiswerk) tog waardeer!

Woensdag, 14 Februarie, was Valentynsdag en liefde vir mekaar. Die aand was dit die Valentynsbal. Die tema was A Night in Disguise. Ons seuns en dogters het almal beslis hul beste voetjie voor gesit. Dankie aan almal se moeite en wat gehelp het om die saal en badkamers so mooi op te maak.

Donderdag was entrepreneursdag en liefde vir kos (na my mening, gewoonlik ‘n gunstelling onder enkellopendes!) Jy kon ook blikkieskos bring vir die Interact lede se omgee projek, waar ons dan die nie-bederfbare produkte later gaan uitdeel aan minder bevoorregtes.

Ons het die week afgesluit met liefde vir musiek en civvie-dag. Al die blomme, steri-stumpies, fudge, fizzers en liefdesbriefies wat deur die week te koop was, was uitgedeel.

Saterdag – liefde vir krieket. Ons interskole krieket teen Hugenote het tuis plaasgevind en ons wil dankie sê aan almal wat hulle kom ondersteun het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar