MEER OOR MOEDERSDAG – Jean-Mari Orchard

MEER OOR MOEDERSDAG

 

Op  8 Mei 2022, tradisioneel die tweede Sondag van Mei, vier ons Moedersdag. Dit is ’n geleentheid om ons ma’s bederf met ‘n bossie blomme, ontbyt in die bed, of selfs net ‘n kaartjie (indien jou kosmaakvermoëns nie heeltemal op standaard is nie). Op hierdie besonderse dag eer en waardeer ons ons moeders se geweldige bydraes tot ons lewens, hoewel ons hulle eintlik elke dag hulle moet koester.

 

Moedersdag, soos ons dit vandag ken, is die eerste keer in 1907, omtrent 115 jaar gelede gevier toe Anna Jarvis die eerste Moedersdag-aanbidding gehou het in ‘n kerk in Wes-Virginië as ‘n gedenkteken ter ere van haar eie ma. Anna was ‘n vredes-aktivis wat beseerde oorlogsoldate versorg het en van die eerstes was wat moeite  gedoen het om fondse in te samel vir die viering  van Moedersdag in die VSA.

 

Sy het haar veldtog, om Moedersdag ‘n erkende vakansiedag in die Verenigde State te maak, begin in 1905 saam met nog ‘n vredesaktivis, Julie Ward Howe. Beide van hulle het aangedring op die viering van hierdie dag ter wille van die algemene belang van vrede en het aktief stappe  geneem om die viering ’n wêreldwye gebeurtenis te maak. Die idee was dat ‘n hele dag opsy gesit moet word om alle moeders te eer.

 

Na die implementering van die dag, het maatskappye Moedersdagkaartjies begin verkoop, ten spyte van Anna Jarvis se protestasie omdat sy geglo het die dag nou verkeerdelik op  wins, eerder as sentiment fokus. Jarvis het  aangevoer dat mense hulle waardering en  dankbaarheid vir hulle moeders moet uitdruk deur handgeskrewe briefies in plaas van  gekoopte presente. So het die tradisies van Moedersdag geleidelik oor die jare versprei na verskillende lande.

 

Die dag is ook ‘n simbool van liefde en respek aan ons ma’s vir hul bydrae tot die bou van ‘n beter samelewing. Moedersdag is daarop gemik om al die vroue in die wêreld te loof wat hard werk om hul gesinne te verbeter en as ons dink aan die unieke manier waarop hulle ons lewens beïnvloed, is daar altyd ‘n rede om dit te vier.

 

Ek moedig alle Rockies aan om hierdie Moedersdag jou bes te doen om jou ma opnuut bewus te maak hoe kosbaar sy regtig vir jou is.

 

 

 

 

 

2 thoughts on “MEER OOR MOEDERSDAG – Jean-Mari Orchard

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar