HERFS- EN WINTERMODES – Juanine van der Berg

HERFS- EN WINTERMODES

Die tyd het aangebreek: dit is ’n nuwe seisoen en daarom is ek terug met vars herfs- en wintermode raad.

Loer hier vir die beste modes, kleurskemas en wenke, sodat jy dié seisoen bo die res kan uitstaan:

  • Kop-tot-toon leeruitrustings
  • Bruin, bruin en nogmaals bruin!
  • Monochromatiese stilering
  • Kniestewels en mini-rompies

Verskillende lae is iets wat ook nou hoog modieus is en ’n tendens wat nie gou sy ry uit die modewêreld gaan kry nie. Dra daardie trui bo-oor ’n stylvolle wit kraaghempie en gooi sommer ’n jas ook by die uitrusting!

ONTHOU: Almal se idee van styl en mode verskil, so trek aan waarin jy gemaklik voel en wat by jou figuur pas. Jy weet nooit, dalk begin jy ’n nuwe tendens! Alles gaan oor avant-garde: eksperimenteer tot jy vind wat vir jou werk!

Die kleurskema vir die seisoen is geel, bruin, saffierblou, wit en natuurlik die immergewilde swart. Gaan groot en beplan jou inkopies volgens die gewilde kleurskema. Jy hoef jou nie te bekommer oor die nuwe seisoen nie, want volgens mode-ghoeroe “Brunette from wallstreet” sal hierdie gele en bruine nog volgende seisoen nog in die mode wees – dit is ’n wen-wen situasie.

Natuurlik sal ’n uitrusting nie volmaak wees sonder die gepaste bykomstighede, haarstyle en grimering nie. Met die volgende wenke gaan jy nie net die beste jy wees nie, maar ook die stylvolste jy:

  1. Lae bollas: Hierdie haarstyl sê net een ding en dit is elegant.                                                                                                          Dit omraam die gesig en dra by tot ’n professionele voorkoms. Dit is ook die ideale haarstyl vir ’n “bad hair day”.

 

  1. Pêrel oorbelle: Jy kan hierdie bykomstigheid vind by styl-ikone tot by koninklikes soos Kate Middleton. ’n Stelletjie eenvoudige pêrel oorbelle pas by omtrent alles in jou kas.

 

  1. Jou grimering moet pas by jou uitrusting en die tyd van die dag. ’n Donker aandvoorkoms sal natuurlik nie pas by ’n somerrokkie nie. Hou jou grimering altyd so lig en natuurlik  as moontlik.

Ons sien uit om te sien hoe die Rockies hierdie modewenke in hulle winteruitrustings inkorporeer!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar