SKAAK: DIE SPORT VAN KONINGS – Perusha Maarman

DIE SPORT VAN KONINGS

Wêreldwyd is daar meer as 800 miljoen spelers wat hierdie sport beoefen. Geen ander sportsoort het soveel boeke oor die kuns van die sport beskikbaar nie. Dit is nie rugby, sokker of netbal nie. Hierdie sport staan bekend as die sport van konings: skaak.

Skaak is een van die oudste speletjies in die gekiedenis. Dit is ’n sport wat vaardigheid en strategie vereis. Dit ontwikkel jou linkerbrein (logiese denke), sowel as jou regterbrein (kreatiewe denke). Verder kan dit jou akademies help, veral met wiskunde en fisiese wetenskappe.

Skaak verbeter jou konsentrasievermoë en help jou om beter te fokus op belangrike dinge. Dit kan ook jou taal- en lewensvaardighede verbeter. Behalwe die bogenoemde, kan skaak jou ook die waarde van spanwerk laat besef. Verder tel dit ook as fisiese oefening 2-3 maal per week.

Skaak dien as ’n ontspanningsmiddel en bied vir jou afleiding van probleme en stresfaktore. Dit is altyd goed om iets in jou lewe te hê wat vir jou afleiding kan bied.

Skaak is nie net vir jongmense nie, maar ook vir volwassenes. Daar is jaarliks kompetisies waaraan individue van alle ouderdomsgroepe kan deelneem. Daar is individuele- sowel as spantoernooie. Daar word kan spanne gekies om hul streek te verteenwoordig. As jy goed genoeg speel, kan jy dan ook jou provinsie verteenwoordig.

Om skaak te speel, is ’n goeie ding, want dit bied jou die geleentheid om aan sport deel te neem en nuwe dinge te ervaar.

As jy wil deel wees van die 800 miljoen skaakspelers, kom sluit gerus aan.

SKAAKMAT!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to toolbar